Trefpunt@Work
Trefpunt@Work is ons Studente- en Werkende- jeugbediening.
Ons kom elke Woensdagaand om 19:00 bymekaar by De Marionette-Sentrum, Meyersdal.
Sluit by ons aan op 'facebook', kliek hier om na ons 'facebook' bladsy te gaan.
DIT LOS 'N MERK!
Ons glo dit is belangrik om met ander Christene te “journey” na die plek waar God jou wil hê in jou lewe. Ons wil saam met jou groei en saam God se droom vir jou toekoms ontdek.
Spreuke 4:18-19: “Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is, die pad van die goddeloses is soos die donker: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.”
Hoe gebeur dit? Ons groei nader aan God deur toepaslike boodskappe vir studente en werkende jeug, oor vrae wat nou in jou lewe na vore kom en deur sosiale interaksie met ander Christene wat dieselfde belewenisse het as jy. Ons is beskikbaar en daar vir jou wanneer jy geestelike begeleiding nodig het.
Ons kuier voor en na die Woensdagdiens saam en ontmoet elke week nuwe mense. Dit is ‘n wonderlike geleentheid om self ook nuwe vriende te maak en sommer net lekker sosiaal te verkeer.
Kom ontdek saam, groei saam, beleef saam, aanbid saam en leef saam!
So… sien jou Woensdag om 7 by Trefpunt@Work!!!
Kontak:
Morne Steenekamp | 082 723-3794 | This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
Jacques Steenekamp | 076 933-8741 |
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |


































