Get Adobe Flash player

Sondag Eredienste: 08:15 | 10:15 | 18:30 - kykNET Sondag Eredienste DSTV Kanaal 111: 08:30 | 17:30

Die Woord op kykNET

(DSTV Kanaal 111) 

Elke Sondag

08:30 en 17:30

Oordenkings op

Maandae, Woensdae,

Vrydae & Saterdae om

05:55 en Dinsdae en

Donderdae om 06:25.

Borg 'Die Woord'

alt

 

 

 

Trefpunt

alt

 

TREFPUNT is ons tienerbediening wat reeds 'n weeklikse hoogtepunt vir baie tieners in die dorp is. Honderde tieners word deur hierdie bediening weekliks bereik.

 

Trefpunt het elke Vrydagaand om 19:00 'n diens vir die hoërskoolgroep waar God se Naam grootgemaak word deur musiek en praktiese boodskappe wat aangebied word.

 
Daar is ook kleingroepdienste vir die groep op Sondagoggende 08:30 en 10:15 wat by Trefpunt gehou word tydens die kerk se eredienste. Daar is ook 'n bussie wat die tieners by die kerkgebou kom haal en weer terugneem, voor en na dienste. Trefpunt se gebou is op die hoek van Michellelaan en Blue Cranelaan in De Marionette-Sentrum, Meyersdal.

 

Trefpunt is ook betrokke by die skole in Alberton
Indien u meer oor hierdie bediening wil weet, besoek Trefpunt by: www.Trefpunt.co.za

Stuur ASB. u tieners!


SEKURITEIT BY TREFPUNT:


altDit het onder ons aandag gekom dat daar kinders is wat Trefpunt misbruik. Nadat die ouers die kinders afgelaai het, besluit die kinders om iewers anders te gaan kuier. Die ouers is onder die indruk dat die kinders by Trefpunt is, maar eintlik is hulle besig met verkeerde dinge.

 

Ons het ‘n kaartjie-stelsel begin waarop elke kind ‘n kaartjie met datum ens. op ontvang wat as bewys dien, dat hy in die diens was. Indien ‘n kind geen kaartjie het nie, was hy nie in die diens nie. Ons vra dat ouers hulle kinders sal vra vir die kaartjies en sal kyk na die datum. Dit is ter wille van almal se veiligheid dat ons die versoek rig. 

 

Ons dank God dat Hy vir ons so ‘n verhoog geskep het waarmee ons Hom kan dien.

Ons dank Hom ook vir die voorreg om te kan sien hoe al hoe meer tieners deel van Trefpunt word, hoe hulle God leer ken en hoe hulle lewens daardeur verander word. Die getuienisse is eindeloos en ek wens ek kon net ‘n paar daarvan deel. 

 

Kom loer gerus by Trefpunt in en kom dien God passievol saam met ons en ons tieners.

 

Vir meer inligting om deel te word van Trefpunt, kan jy vir Morne Steenekamp kontak by 082 723-3794 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .

 

Bestellings

 alt

 

Word stil voor God

Nou beskikbaar.

> Kliek hier vir meer inligting.

alt

alt

alt

alt

alt

 

alt

alt

 alt

Teken in

Word 'n lid van ons webgemeenskap.