Get Adobe Flash player

Sondag Eredienste: 08:15 | 10:15 | 18:30 | kykNET Sondag Eredienste DSTV Kanaal 111: 08:30 | 17:30

Die Woord op kykNET

(DSTV Kanaal 111) 

Elke Sondag

08:30 en 17:30

Oordenkings op

Maandae, Woensdae,

Vrydae & Saterdae om

05:55 en Dinsdae en

Donderdae om 06:25.

Borg 'Die Woord'

alt

 

 

Kleingroep uitreike

 

                   

“Na aanleiding van ons selgroep se onderneming om een keer per kwartaal van onsself te gee en uit te reik na ander, het ons die eerste kwartaal saam met Natalie Marx van die welsyn op Silwerkroon Bejaarde Sentrum besluit. Die selgroep het besluit dat ons die bejaardes met n vroeë Valentyns-verrassing sou verras. Ons het dus Saterdag 11 Februarie 2012 die oggend by Silwerkroon bymekaar gekom.

Die “Mall Maestros” het vir die bejaardes n paar nommertjies op hulle blokfluite gelewer, waarna Dieter sy kitaar nader getrek het. Hoewel die selgroep net 3 liedjies saam geoefen het, moes ons n paar versoeke ook saam met die bejaardes sing waarna ons saam die sang afgesluit het met die “Onse Vader”.

Die kinders het die Valentyns geskenkies en sakkie lekkers saam met n lekker drukkie uitgedeel terwyl van die volwassenes geskenkies boonte gevat het en van die bejaardes in hulle kamers gaan bedien, wat nie kon afkom saal toe nie. Nadat ons vir die siekes gebid het en lekker saam gekuier het, was dit ongelukkig weer tyd om te groet met trane wat weereens vlak lê want ons het almal besef dat oud word ook vir ons elkeen voorlê.

Wat n voorreg om God EN mens liewer te hê en dit prakties te kon ervaar.”

Artikel geskryf deur Eppo Joubert


 

 
                 Elkeen het n storie.                 Ons bid saam voor ete.
     
 
                    Opskep tyd.                   Van ons dames gaste.

 

Terugvoer op 'Die Woord'

Bestellings

 alt

 

Word stil voor God

Nou beskikbaar.

> Kliek hier vir meer inligting.

alt

alt

alt

alt

VLS webtuiste

alt

 

alt

alt

 alt

Teken in

Word 'n lid van ons webgemeenskap.