Gholf
Geniet jy ‘n rondte gholf? Dalk moet jy nog leer hoe om dit te geniet. Enige persoon is welkom om by ons in te skakel. Die groep speel maandeliks kompetisies en in November word daar ‘n klubkompetisie gehou.
Kampeerders
Hou jy van kamp en die natuur? Wil jy wegbreek saam met mense net soos jy? Kom geniet ‘n naweek in die buitelug saam met ander families van Alberton LewenSentrum. Daar word gereeld kampnaweke gereël en die meeste oorde het ook “chalets” beskikbaar.
Emmanuel
Emmanuel is ‘n belangegroep vir seniors bo 50-jarige ouderdom. Daar word gasskunstenaars en/of –sprekers gereël vir die byeenkomste. Daar is een Donderdag ‘n maand om 10:00 ‘n byeenkoms. Almal bo 50-jarige ouderdom is welkom.
Bergfietsgroep
Daar is sosiale ry-geleenthede eenmaal ‘n week by Rietvleipark en ander fietsryparke. Lede van die groep neem deel aan kompetisies, meestal in die Gauteng area. Beginners, sowel as gevorderde fietsryers is welkom. Ons is trots op die feit dat ons nie in kompetisie met mekaar is nie, maar eerder mekaar deur elke kilometer ondersteun.
Atletiekklub
LewenSentrum Atletiekklub is ‘n ten volle geakkrediteerde atletiekklub by ASA en Sentraal-Gauteng. Ons akkommodeer die dissiplines van padwedlopers en stappers. Jonk en oud is welkom. Die klubgazebo is by die meeste wedlope in en om Gauteng waarneembaar, waar daar voor en na wedlope saam gekuier word.
Motorfietsgroep
Die motorfietsgroep onder leiding van Wynand en Zelna Vivier hou gereeld “Breakfast Runs” op Sondae. Daar is ook ‘n “Long Run” later in die jaar, waar die motorfietsgroep ‘n aand oorslaap.
Enkellopende groep
Die enkellopende groep is ‘n belangegroep vir alle enkellopendes.
Daar is weekliks selgroepe asook sosiale byeenkomste wat gereël word.





























