ALS Gons

Dit is ons visie om kinders te leer dat dit lekker is om `n kind van Jesus te wees, asook om `n verhouding met God te hê.
MISSIE
ONS BEREIK ONS VISIE DEUR:
* Bekwame personeel.
* Wel deurdagte, lewenstoepaslike en leersame lesse.
* Fokus die kinders binne sy/haar/hulle verwysingsraamwerk.
* Opwindende, interessante hulpmiddels.
* 'n Veilige en liefdevolle atmosfeer vir die kind te skep.
ONS WAARDES BY DIE KINDERKERK
1. LEERSAAMHEID
Elke kind moet iets leer! Die lessies moet lewenstoepaslik op vandag se kind wees. Ken die Bybelverhaal wat vertel word ("Know-what?"), verstaan Bybelse waarhede van die storie ("So-what?") en hoe kan hy/sy dit in sy/haar lewe gaan toepas ("Now-what-vrae?")
Ons wil hê hulle moet die Bybelse waarhede in elke storie verstaan en dit in hulle eie lewens kan toepas. Deur relevant te wees, kan kinders sien dat God se Woord ook vir hulle geskryf is om hulle in hulle daaglikse lewe te help. (Ps.119:11)
2. PRET
Dit is baie belangrik dat dit vir elke kind lekker by die Kinderkerk moet wees. Dit moet die lekkerste uur van elke kind se week wees! Ons kan slegs ons visie bereik en hulle help om geestelik te groei deur dit vir hulle lekker te maak en hulle aan te moedig om elke Sondag terug te kom Kinderkerk toe, sodat ons hulle geestelik vir hulle lewens kan toerus. (1 Kor. 9:22)
3. VEILIG
Die kinderkerk moet `n veilige en liefdevolle omgewing vir die kind wees.
(Mark. 10:14)
4. VERHOUDING
Daar moet tussen God en kind, kind en personeel, asook tussen kind en maats `n verhouding gebou word. Die effektiefste manier om kinders te leer, is deur in `n verhouding met die kind te staan. (2 Tim. 2:2 & Hand. 2:42-47)






























