Geskiedenis
Alberton LewenSentrum:
Geskiedenis van gemeente:
Alberton LewenSentrum het sy openingsdiens op 10 Oktober 1999 gehou.
Dit was die fisiese geboorte van die nuwe gemeente.
Die droom en die beplanning van die gemeente het 'n lang en tweeledige geskiedenis.
Die een gedeelte was die volharding van Wikus Steenberg en sy gesin in Alberton. Hulle het vir omtrent sewe jaar lank 'n selgroep in hulle huis laat vergader. Hierdie selgroep was met tye baie groot en dan weer kleiner, maar deur somer en winter het die selgroep voortgegaan. Dit sou later hierdie einste selgroep en huis wees wat gebruik sou word as die kern en beplanning van 'n nuwe gemeente.
Die ander gedeelte van die gemeente het in Boksburg begin.
Ons pastoor, Andries Enslin, was 'n pastoor in 'n AGS-gemeente daar.
Hy het van sy bekeringsdae af die begeerte gehad om 'n gemeente te begin. Ongeveer 1995 het hy dit oorweeg om in Alberton 'n gemeente te begin, maar die tyd en omstandighede was nie reg nie. Andries het toe 'n beroep na Randburg aanvaar en daar het hy verder studeer. Die studies was praktiese opleiding onder Dr. Johan Geyser, 'n kenner op die gebied van kerkgroei en leierskap.
Hy het ook by Dr. Geyser 'n kerkgroei- en leierskapkursus en -graad voltooi. Na drie jaar se diens by die gemeente het Andries begin voel dit is tyd om sy ideaal te verwesenlik.
In hierdie stadium was Wikus en sy selgroep ook lidmate by Randburg AGS en Andries het die selgroep begin besoek.
Nie lank daarna nie, het Andries sy werk by Randburg bedank en voltyds in Alberton begin werk.
Alberton LewenSentrum is nie verbonde aan enige denominasie nie. Ons is 'n interkerklike onafhanklike gemeente. Die rede hiervoor het te doen met ons bedieningsfilosofie en ons toekomsdrome. Ons begeer om in die toekoms meer gemeentes met dieselfde filosofie te begin.
As u ons sou vra wie ons is, sou ons u so antwoord: 'n kerk tussen die Drie Susterskerke en die Pinksterkerke. Ons probeer om 'n middeweg te vind tussen die twee denominasies.
![]() |
![]() |
|
Andries Enslin |
Wikus en Marlien Steenberg
|
![]() |
![]() |
|
Jakkie van Niekerk
|
Ewald Coetzee
|
![]() |
|
| Paul Grobler |


































