Get Adobe Flash player

Sondag Eredienste: 08:15 | 10:15 | 18:30 - kykNET Sondag Eredienste DSTV Kanaal 111: 08:30 | 17:30

Die Woord op kykNET

(DSTV Kanaal 111) 

Elke Sondag

08:30 en 17:30

Oordenkings op

Maandae, Woensdae,

Vrydae & Saterdae om

05:55 en Dinsdae en

Donderdae om 06:25.

Borg 'Die Woord'

alt

 

 

 

ALS Missie

Om God en mens liewer te hê.

Die Goue Reël 

Ons probeer om Jesus se grootste gebod, ook ons goue reël, te volg.

• Die goue reël is nie teologie, dogma of liturgie nie.

• Die goue reël is nie tradisie, kultuur of smaak nie.

• Die goue reël is nie verskillende denominasies en gestryery nie maar:

 

Die Goue Reël is - Matteus 22:36-40alt

 

36 "Meester, wat is die groot gebod in die wet?

37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

38 Dit is di eerste en groot gebod.

39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete."

Dit is die groot gebod - om God en ons naaste lief te hê.

 

Jesus en die Goue Reël

Volgens Johannes was Jesus 'n Joodse rabbi. Dit was gereken as die wysste van wyses. Na 'n intense bestudering van die Woord en na 'n toets van jou kennis was jy geken as 'n rabbi.

Elke rabbi het 'n hooflering gehad - hulle het dit 'n juk genoem. Die Jode het in die plein of tempel bymekaar gekom en gedebatteer oor die hoofgebod, die goue reël: wat is jou juk uit die Ou Testament?

Op 'n dag het hulle hierdie vraag vir Jesus gevra: Wat is U juk ? Dit was die goue reël. Sy antwoord was Matteus 23. Dit is waarmee ons, ons besig hou: Die goue reël.

Elke dag vra ons: waarmee is ek besig? Tradisie, kerk, teologie of om God en mens liewer te hê - dit is ons juk.

Nou verstaan ons Matteus 11:28

28 "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele
30 want my juk is sag en my las is lig." 

 

alt

 

Bestellings

 alt

 

Word stil voor God

Nou beskikbaar.

> Kliek hier vir meer inligting.

alt

alt

alt

alt

alt

 

alt

alt

 alt

Teken in

Word 'n lid van ons webgemeenskap.