Get Adobe Flash player

Sondag Eredienste: 08:15 | 10:15 | 18:30 - kykNET Sondag Eredienste DSTV Kanaal 111: 08:30 | 17:30

Die Woord op kykNET

(DSTV Kanaal 111) 

Elke Sondag

08:30 en 17:30

Oordenkings op

Maandae, Woensdae,

Vrydae & Saterdae om

05:55 en Dinsdae en

Donderdae om 06:25.

Borg 'Die Woord'

alt

 

 

 

7 Dimensies

Hoe werk die sewe dimensies?

Wat is die dimensies nou eintlik? Is dit dieselfde as die waardes?

Kom ons begin by die begin. Hoekom sewe? Want sewe dimensies is wat ons nodig het om 'die hele mens in sy totale omgewing' te bereik (en sewe omdat dit 'n Bybelse getal is).

Die visie van die sewe dimensies is 'Heel mense wat toegerus is om hulle wêreld te verander, sodat hulle God en mens liewer kan hê'.

ALS is meer as net 'n gewone kerk. Ons ken kerk as 'n plek waarheen ek gaan om "bepreek" te word, en dan gaan ek huis toe en einde van storie. Maar by ALS is dit anders.


Ons wil mense help om te verander in elke aspek van hulle lewens - en die sewe dimensies is ons manier om seker te maak dat ons by elke aspek van mense se lewens uitkom.
Is dit Bybels? Verseker - 'God stel belang in my hele menswees', en geestelike groei beteken groei in elke aspek van my lewe.

So wat is die sewe dimensies? 'n Tabel sal die beste werk.

 

Dimensie

Hierdie dimensie gaan oor alles wat te doen het met

 

Geestelike

dimensie

Ons verhouding met God

alt

Emosionele

dimensie

Ons verhouding met onsself

alt

Werks

dimensie

Ons werk

alt

Intellektuele

dimensie

Ons verstand

alt

Sosiale

dimensie

Ons verhouding met ander mense

alt

Fisiese

dimensie

Ons verhouding met ons liggaam

alt

Finansiële

dimensie

Ons geld, en goeie finansiële rentmeesterskap

alt

Party geleerdes sit 'n agtse dimensie by, nl. ontspanning, maar ons glo dis deel van elke ander dimensie. Daar moet rustige tye wees in jou verhouding met die Here, en rustige tye by die werk (koffiebreuke), ens.

En net om seker te maak, werk ons met 'vier fokusareas' ook. Dit klink deurmekaar, maar hou kop...


In elke dimensie het ons vier fokusareas. Dit begin by een tot een berading, en dan kring dit al hoe wyer uit.

Die tweede fokusarea is kleingroepe, die derde is kursusse, en die laaste is gemeenskapsontwikkeling of uitreike. As ons dienste kan lewer in al vier hierdie fokusareas, in al sewe die dimensies, dan tref ons alles.


Ons doen al klaar berading en kursusse in al die dimensies, maar daar is nog baie ruimte vir ontwikkeling.

Op 'n manier is die sewe dimensies 'n sambreel vir al die bedieninge in die gemeente.

 

Bestellings

 alt

 

Word stil voor God

Nou beskikbaar.

> Kliek hier vir meer inligting.

alt

alt

alt

alt

alt

 

alt

alt

 alt

Teken in

Word 'n lid van ons webgemeenskap.