Woordskool
Dr. Francois Möller & Chris de Wet bied 'n Woordskoolkursus aan oor drie jaar:
Aandklasse sowel as oggendklasse word aangebied.
Woordskool Aandklasse
Aandklasse word in die kerkgebou aangebied.
Eerstejaarsklasse vind plaas op Dinsdagaande om 19:00
Tweedejaarsklasse vind plaas op Donderdagaande om 19:00
Derdejaarsklasse vind plaas op Woensdagaande om 19:00
Woordskool Oggendklasse
Oggendklasse word Donderdagoggende aangebied by Trefpunt
(De Marionette-Sentrum, h/v Michelle- en Blue Cranestraat, Meyersdal)
Eerstejaarsklasse vind plaas vanaf 8:30 tot 10:00
Tweedejaarsklasse vind plaas vanaf 10:00 tot 11:30
Derdejaarsklasse vind plaas vanaf 11:30 tot 13:00
Woordskool-Temas:
In 2011 sien ALS se Woordskool opwindende nuwe uitbreidings!
Behalwe dat die kursus dan ook vir derdejaars aangebied word, gaan die helfte van elke jaar se kursus gewy word aan ‘n studie van die Ou- en Nuwe Testament.
Dr. Francois Möller bied steeds die dogmaties-etiese temas aan, terwyl Chris de Wet vir die bestudering van die Bybelwetenskappe verantwoordelik is.
1. Studie van die Bybelwetenskappe - DR. FRANCOIS MöLLER
In dié deel gaan ons eers gesels oor die moeilike vraag: “Hoe verstaan ek wat ek lees? Wat gebeur in die proses van interpretasie van ‘n teks?”
Daarna kyk ons na elke boek in die Ou Testament.
Ons gaan ook die resultate van die moderne Ou Testamentiese-wetenskap bespreek vir twee redes:
i. Om jou toe te rus vir opmerkings hieroor wat geloofsbedreigend en selfs geloofsvernietigend vir talle Christene klink en gereeld in die pers verskyn, en dan nog uit die mond van teoloë of godgeleerdes!
ii. Maar jy gaan ook leer hoe van dié insigte jou kan help om die Bybel beter te verstaan.
Tussen-in kyk ons na wetenskaplike metodes om die Bybel te lees, wat reg aan die Bybelse teks laat geskied. Jy gaan vaardig gemaak word om die Bybel op verantwoordelike wyse te lees om betekenis te ontsluit.
Wanneer ons by die Nuwe Testament kom, gaan ons weer elke boek in besonderhede ondersoek. Maar ons gaan ook tyd spandeer aan die belangrike gesprek oor die vraag: “Wie is die historiese Jesus nou eintlik?”
Weereens gaan jy kennis kan neem van die resultate van die nuutste wetenskaplike nadenke en wat dit vir jou geloof impliseer.
Ten slotte is daar ‘n studie van die boek Openbaring soos wat apokaliptiese navorsing vra dat ons die boek interpreteer. Dit gaan jou oë oopmaak vir die wêreld in dié vreemde boek.
Vir die waagmoediges gaan daar ‘n gelyklopende kursus in koine-Grieks wees wat jou in staat gaan stel om die brondokument van Christene, die Nuwe Testament, in sy oorspronklike taal te lees.

Temas
Die temas wat oor die drie jaar behandel gaan word, is:
Jaar 1:
Deel 1: Hermeneutiek (die wetenskap van die verstaan van die Bybel)
Deel 2: Die Tora (die eerste deel van die Hebreeuse Bybel, die Wet of Onderwysing)
Deel 3: Eksegese (die wetenskap van die verklaring van die Bybel)
Jaar 2:
Deel 4: Die Nebi’im (die tweede deel van die Hebreeuse Bybel, die Profete)
Deel 5: Die Ketubim (die derde deel van die Hebreeuse Bybel, die Geskrifte)
Jaar 3:
Deel 6: Die Historiese Jesus-debat, in perspektief geplaas
Deel 7: Die boeke van die Nuwe Testament, elk verklaar
Deel 8: Die boek Openbaring, apokalipties verklaar
2. Dogmaties-etiese studie - Dr. Francois Möller
Jaar 1:
Deel 1: Vraag na waarheid
Deel 2: Inspirasie van die Bybel en die Openbaring van God
Deel 3: Egskeiding en hertrou
Deel 4: Verhouding met God, myself, my naaste en dinge
Deel 5: Sakramente van doop en nagmaal
Deel 6: Bloedlynvloeke
Jaar 2:
Deel 1: Aard van die huwelik
Deel 2: Rol van die man in die huwelik
Deel 3: Rol van die vrou in die huwelik
Deel 4: Slaggate in die huwelik
Deel 5: Liefde as vrug van die Gees
Deel 6: Gevaar van sonde
Deel 7: Herkoms van sonde
Deel 8: Betekenis van sonde
Deel 9: Sonde teen die Heilige Gees
Deel 10: Die kwessie oor erfsonde
Deel 11: Oorwinning oor sonde
Deel 12: Klonering
Jaar 3:
Deel 1: Mens as siel, gees en liggaam
Deel 2: Saamblyery
Deel 3: Die verbond
Deel 4: Goddelike leiding
Deel 5: Die Drie-eenheid
Deel 6: Pornografie
Deel 7: Uitverkiesing
Deel 8: Wederkoms van Christus
Terugvoer op 'Die Woord'
- "Somtyds wanneer 'n ou deur 'n krisis gaan dan is daar niks meer ka...
- "Kan nie wag vir Sondae om na die diens te luister nie. Die oggend ...
- "Hallo, die uitsendings het al soveel vreugde vir my gebring en dit...
- "BAIE DANKIE, vir Ds Andries se preek vanoggend oor die Onse Vader!...
- "Dit is lekker om 'n bemoedigende boodskap in die omgewing van 'n m...
- "Ek waardeer die uitsendings baie en neem dit gereeld op om later d...
- "Ons mis nie een Sondag die dienste op Kyknet nie. BAIE BAIE BAIE D...
- "Die Manier waarop julle die diens bedryf, die heerlikse sang...
- “Die preke gee vir my 'n totale nuwe dimensie aan...
- “Dankie vir die oordenkings elke oggend dit dra o...
- “Ek het Sondag 25 September vir die eerste keer...
- “Dis wonderlik dat ons op Woord-gefundeerde geestelike ...
- “Wonderlik om op die TV so ‘n program te kan kyk me...



















.jpg)











