Getuienisse
My man het al 15 jaar Parkinson's en kan nie meer 'n diens in ons eie kerk bywoon nie. Die diens wat julle op KYKNET aanbied beteken vir hom baie. Hy gaan sit reeds vroeg voor die TV om seker te maak hy mis dit nie. Baie dankie vir die wonderlike boodskap wat julle elke Sondag bring.
Summerstrand, Port Elizabeth
Ek wil net graag vir julle vertel wat die uitsending vir ons hier in Swaziland beteken. Ons kan nie eers 'n radiostasie opvang om 'n Afrikaanse erediens te luister nie. Hier is elke 3de week 'n besoekende predikant wat vir ons die Woord bring, waaroor ons baie dankbaar is. Dit is vir ons wonderlik om Sondag oggend voor die tv te kan sit en deel te wees van 'n erediens in ons taal! Ons mis dit vir niks! Baie baie dankie en mag die Here met julle wees en julle goeie werke seën.
Swaziland
Ek jubel van vreugde vir die Diens op tv kanaal, Dankie dat ek in dit kan deel .
Vilanculos Mozambique
Hou asseblief aan om elke dag die oggend oordenkings en Sondae die preke met ons te deel. Ons was skoon hartseer toe julle die vorige keer van die TV af verdwyn het. My ma - Drien is bedleend en lewe vir julle dienste. Elke oggend sit sy die TV aan in blye afwagting. Ons geniet elke diens en oordenking. Baie dankie vir wat julle vir ons en elke ander een beteken. Moet seblief nooit weer ophou nie. Ons bid julle ook die Here se seen toe met julle "werk vir God"aksies.
Postmasburg
Ek het familie wat deur die versorging van 'n breinskade seun, nie die voorreg het om in 'n kerkgebou te kom om bedien te word nie, maar deur julle preke vir haar af te laai, word ook sy op so 'n manier bedien, en is sy nie die enigste wat ek deur preke te voorsien, met God se woord te bemagtig nie.
Meyerton
"Vandat ons as ‘n groep vriende saam besluit het om by Trefpunt aan te sluit, het ons geloof sterker geword! Dit het ons verhouding met Jesus in baie goeie maniere verander. Ons verhoudings met ons vriende, familie en medemense is sterker. Ons dank die Vader vir ‘n plek soos Trefpunt - want dit het ons lewens verander. God ... U is ons Yster."
"God is so teenwoordig in Trefpunt ... Julle het my gehelp om nie bang te wees vir wat mense van my God dink en wat hulle van my dink as ek Hom aanbid nie ... Julle het my gehelp om deur middel van die Heilige Gees uit depressie te kom en ek is nou een van die gelukkigste mense in die hele wêreld ...
Dit klink so min, maar dit beteken die wêreld vir my ... "





























