Get Adobe Flash player

Sondag Eredienste: 08:15 | 10:15 | 18:30 - kykNET Sondag Eredienste DSTV Kanaal 111: 08:30 | 17:30

Die Woord op kykNET

(DSTV Kanaal 111) 

Elke Sondag

08:30 en 17:30

Oordenkings op

Maandae, Woensdae,

Vrydae & Saterdae om

05:55 en Dinsdae en

Donderdae om 06:25.

Borg 'Die Woord'

alt

 

 

 

Berading

"Ek het nie 'n berader nodig nie!." Dalk is dit jou reaksie ook. En tog getuig soveel mense van goeie lewensverandering na berading by ALS. Dit wys ons berading werk, dit maak regtig 'n verskil. Ons is nie hier om al die antwoorde te gee nie, ons is hier om mense te help om te groei. Hoekom moet ons groei? Sodat ons die 'oorvloed lewe' kan geniet wat die Here vir ons bedoel het.

 

altOm werklik innerlik gesond te word en van al jou bagasie ontslae te raak, is nie 'n besluit wat oornag geneem word nie.  Nog minder is dit 'n proses wat, nadat die besluit geneem is, net een of twee sessies met iemand, of God, gaan vra en jou weer op jou pad sien nie.

 

  • Om hierdie pad te loop gaan van jou gevra word om:
  • Tot op die been toe eerlik met jouself te wees. 
  • Jouself te beskou as 'n sondaar wat nie tot enigiets goeds vanuit jou eie krag in staat is nie.
  • Bereid te wees om die deur tot jou seerste seer  oop te gooi in verhouding tot God.
  • Bereid te wees om weer rou emosies van vroeër te ervaar deur jouself weer in dieselfde situasie te plaas.
  • In hierdie posisie totale afhanklikheid van God te erken.
  • Diep bewus van sy teenwoordigheid te wees.
  • Te wag op antwoorde wat sy Gees jou gee en;
  • om bo alles, gehoorsaam te wees, selfs aan die fynste detail.
     

Wat met jou kan gebeur is dat jy bewus kan word dat jy deur die Gees in jou gemoed gelei kan word om:
 

  • Feite of gebeurlikhede van ou situasie(s) in 'n nuwe lig te sien.
  • Bewus te word van nuwe feite  wat jy dalk vir die eerste keer kan erken.
  • Die pad van vergifnis met iemand of jouself te loop.
  • Bewus te word daarvan dat selfs die seer van die lewe en verhoudings groot betekenis of funksie in jou lewe kan verkry in verhouding tot God jou Vader.
  • Dat die gegewe situasie of verhouding opbouend in jou lewe kan wees.
  • Dat God by magte is om selfs jou verlede te kan  gebruik om van jou die mens te maak wat God bedoel het jy moet wees.

Hierdie pad kan baie betekenis inhou - sou jy dit saam met iemand kan loop wat ook in verhouding tot God ons Vader staan.  Só 'n person kan ondersteuning en leiding bied en saam met jou in afhanklikheid op leiding van die Heilige Gees wag.

Groot vertroosting lê in die wete dat die Here jou nooit alleen gaan laat in hierdie proses nie. “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” Heb. 13:6 en dat alles ten goede vir jou kan uitwerk in jou liefdesverhouding met God! (Rom. 8:28)
 


Ons beradigspan:

 

alt alt

Berader:

Ronel Swart

082 855 8639

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Berader:

Herman Coetser

083 268 7888

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

alt  

Kinder- en Tienerberading:

Heidi Viljoen

076 032 7991

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 

Herderlike berading: 
Pastorale sorg word gegee deur Herders wat aangestel is oor verskillende ouderdomsgroepe. 
Kyk gerus by Kontak ons - voltydse personeel vir u ouderdomsgroep se Herder of, kontak die kerkkantoor by: 011 867-7244

 

Bestellings

 alt

 

Word stil voor God

Nou beskikbaar.

> Kliek hier vir meer inligting.

alt

alt

alt

alt

alt

 

alt

alt

 alt

Teken in

Word 'n lid van ons webgemeenskap.