Berading
"Ek het nie 'n berader nodig nie!." Dalk is dit jou reaksie ook. En tog getuig soveel mense van goeie lewensverandering na berading by ALS. Dit wys ons berading werk, dit maak regtig 'n verskil. Ons is nie hier om al die antwoorde te gee nie, ons is hier om mense te help om te groei. Hoekom moet ons groei? Sodat ons die 'oorvloed lewe' kan geniet wat die Here vir ons bedoel het.
Herderlike Versorging
Voltydse Herders
Herderlike versorging word deur Herders gebied wat aangestel is oor verskillende ouderdomsgroepe.
Kontak u ouderdomsgroep se Herder, of kontak die kerkkantoor by: 011 867-7244
Kom bid by ALS
Vir gebed skakel:
Maandae tot Vrydae tussen 09:00 en 16:00 by:
011 867-7244
Getuienisse
My man het al 15 jaar Parkinson's en kan nie meer 'n diens in ons eie kerk bywoon nie. Die diens wat julle op KYKNET aanbied beteken vir hom baie. Hy gaan sit reeds vroeg voor die TV om seker te maak hy mis dit nie. Baie dankie vir die wonderlike boodskap wat julle elke Sondag bring.
Summerstrand, Port Elizabeth





























