Get Adobe Flash player

Sondag Eredienste: 08:15 | 10:15 | 18:30 - kykNET Sondag Eredienste DSTV Kanaal 111: 08:30 | 17:30

Die Woord op kykNET

(DSTV Kanaal 111) 

Elke Sondag

08:30 en 17:30

Oordenkings op

Maandae, Woensdae,

Vrydae & Saterdae om

05:55 en Dinsdae en

Donderdae om 06:25.

Borg 'Die Woord'

alt

 

 

 

Gedenkblad

Bestellings kan Sondae by die ALS-Inligtingstoonbank geplaas word, of kontak die kerkkantoor by: 011 867 7244

 

Onthou saam met ons!


Inalt ons GEDENKALBUM wat pas verskyn het, vind jy die verhaal van ALS, wat van ‘n selgroep met enkele lede tot ‘n gemeente met 5000 lidmate en ‘n bediening wat landswyd strek, gegroei het. Oor alles staan geskryf: die genade van God wat mense geroep, bemagtig en gebruik het.
Hier kan jy lees van ALS se groei en groeipyne (wat is groei sonder pyne?), die ontwikkeling van die visie en missie, waardes en beginsels. Jy gaan lees van die uniekheid aan ALS, die talle bedieninge en uitreike. Die doel hiervan is om die oog op die volgende tien, twintig en dertig jaar te vestig. Want ALS se oog is nie alleen op wat die Here vir ons gedoen het nie, maar wat Hy droom om nog vir en deur ons te doen!
Die album konsentreer op foto’s, waarvan daar dosyne voorkom. Jy kan ook in kort rubrieke lees oor watter rol Wikus en Marlien Steenberg in die ontstaan van die gemeente gespeel het saam met hulle sel, en hoe Andries Enslin se pad met die sel gekruis het en tot die ontstaan van ‘n gemeente in die skoolsaal van Laerskool Randhart gelei het. 

Jy kan lees van Andries se drome en hoe die Here telkemale deure vir hom oop- en toegemaak het. Hier is die storie agter ALS se Sewe Waardes en Dimensies, en die talle bedieninge wat daaruit gebore is, waaronder die Woordskool. Die verhaal sluit ook dié van ALS se heeltydse personeel in, soos die herders en beraders. ALS moes besluit oor bande met ander kerke, ook die AGS, oor die naam en bestuurstruktuur. 

‘n Musiekbediening in die gemeente is gevestig en so ook ‘n bediening gerig op kinders, tieners, werkende jongmense en seniors. 
‘n Welsynstruktuur het tot stand gekom wat vandag honderde mense se lewens ingrypend aanraak. Jy kan ook die verhaal lees van ALS se kinderhuis. 

Dié volkleur foto-album verkoop teen slegs R50. 

 

Maak seker dat jy jou kopie kry! 

Bestellings

 alt

 

Word stil voor God

Nou beskikbaar.

> Kliek hier vir meer inligting.

alt

alt

alt

alt

alt

 

alt

alt

 alt

Teken in

Word 'n lid van ons webgemeenskap.