Get Adobe Flash player

Sondag Eredienste: 08:15 | 10:15 | 18:30 | kykNET Sondag Eredienste DSTV Kanaal 111: 08:30 | 17:30

Die Woord op kykNET

(DSTV Kanaal 111) 

Elke Sondag

08:30 en 17:30

Oordenkings op

Maandae, Woensdae,

Vrydae & Saterdae om

05:55 en Dinsdae en

Donderdae om 06:25.

Borg 'Die Woord'

alt

 

 

ALS op kykNET

Waarom is Alberton LewenSentrum op kykNET?

Alberton LewenSentrum wil graag aanhou om ‘n Afrikaanse erediens op TV te plaas.

Deur ons te help, lewer jy ‘n bydrae tot die Christendom en ook die Afrikaner.

alt

alt

 

HELP OM AFRIKAANSE EREDIENSTE OP TV TE HOU

LewenSentrum het ‘n sesmaande kontrak met kykNET. LewenSentrum betaal kykNETvir die tydgleuf met geen borgskap, of hulp van enige instansie nie.

 

LewenSentrum wil graag die kontrak met kykNETverleng, om sodoende te verseker dat Afrikaners elke Sondag ‘n Christelike erediens op TV kan geniet. kykNET stel egter sekere vereistes. Eerstens kyk hulle na die kykergetalle om te bepaal of daar ‘n behoefte aan ‘n erediens op TV is. Tweedens kyk hulle na die reaksie van mense in die kritiek/waardering ontvang en gewildheidsbepaling.

 

Dan is daar ook die uitdaging van finansies. Die uitgawes van die TV plaas groot druk op die gemeente se finansies en die volhoubaarheid van die TV-program sal grootliks afhang van die bydraes wat die gemeente vanaf kykers regoor die land ontvang.             

Daar is vier maniere hoe jy kan help om Afrikaanse Christelike dienste

op TV te behou.

alt

 

Jy kan soveel moontlik van jou vriende laat weet van die program.

E-pos jou hele adresboek en versprei só die boodskap.

 

alt

    Jy kan kykNET e-pos en vertel hoe waardeer jy die boodskap/uitsending, asook hulle ondersteuning van hierdie saak.
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of nbb
Jy kan kykNET vertel hoe waardeer jy die boodskap/uitsending, asook hulle ondersteuning van hierdie saak.

 

Kliek hier >
 

alt

Bid God se genade, beskerming en voorsiening af op Alberton LewenSentrum en sy leierskap.

 

 

alt

 

Probeer om gereeld ‘n finansiële bydrae te maak tot Die Woord. 

 

Kliek hier om 'n bydrae te maak tot Die Woord, jou donasie maak 'n verskil.ier

  Dit lyk vir ons die Here stel ons grense en perke baie wyd. Almal wat DStv het en wat na kykNet kyk gaan die evangelie en boodskappe van Jesus Christus by LewenSentrum hoor. Lees gerus hierdie gedeelte en sien ons verantwoordelikheid wat God na ons kant toe gebring het.  

 

alt

ALS op kykNET
(DSTV Kanaal 111)

Elke Sondag om 08:30 en 17:30

Daar is ook oordenkings op Maandae, Woensdae, Vrydae
en Saterdae om 05:55
en Dinsdae en Donderdae om 06:25.
Kontak ons:
011 867 7244


2 Korintiërs 10:13 “Maar wat ons betref, ons sal met ons roem nie buite die perke gaan nie. Ons bly binne die perke van die werkkring wat God aan ons toegemeet het. Julle val ook binne daardie perke. Dus het ons nie ons perke oorskry deur tot by julle te kom nie. Ons het immers vroeër al tot by julle gekom met die evangelie van Christus. Deur op julle te roem, gaan ons dus nie die perke te buite nie, want dit is nie ander mense se werk waarop ons roem nie. Ons hoop dat julle geloof sal toeneem en dat ons dan onder julle nog meer sal hê om op te roem, steeds binne die perke van ons werkkring. Dan sal ons die evangelie ook in streke anderkant julle kan verkondig sonder om te roem op werk wat tot stand gebring is in die werkkring van iemand anders. Maar die Skrif sê: 'Hy wat roem, moet in die Here roem.' Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word.”

Wil jy nie saam met ons bid vir hierdie uitsendings nie? Kom ons bid dat duisende die evangelie sal hoor en reageer. Kom ons bid dat net God verheerlik sal word en dat ons net deel van Sy wil sal bly. Kom ons bid ook vir die beskerming van ons gemeente, want saam met guns kom jaloesie en aanvalle. Bid dat ons altyd sal onthou wie die Een is wat alles vir ons gegee het en dat ons net vir Hom sal werk. Kom ons sê ook dankie dat die Here hierdie verantwoordelikheid na ons kant toe gebring het. Hy sal ons versterk en laat groei. Hy sal ook voorsien waar dit nodig is. Dankie vir al u ondersteuning en al u gebede. Mag die Here u seën vir wat u doen.

Baie dankie vir u ondersteuning. Lees gerus die getuieblad om te sien hoe jou bydrae ‘n verskil maak in God se koninkryk en in mense se lewens.

 

LewenSentrum groete,

Andries Enslin

Terugvoer op 'Die Woord'

Bestellings

 alt

 

Word stil voor God

Nou beskikbaar.

> Kliek hier vir meer inligting.

alt

alt

alt

alt

VLS webtuiste

alt

 

alt

alt

 alt

Teken in

Word 'n lid van ons webgemeenskap.